Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in by De Mist-treinstasie in Uitenhage na klagtes van pendelaars

Die VF Plus in Nelson Mandelabaai het na verskeie klagtes van pendelaars oor die haglike toestande wat heers by die De Mist-treinstasie in Uitenhage, self gaan ondersoek om vas te stel wat die situasie is.

Agteruitgang en vandalisme is aan die orde van die dag by dié stasie en omvattende skade is reeds aangerig aan die infrastruktuur en veral aan die toiletgeriewe.

Bill Harington, Marlon Booysen en ander lede van die VF Plus het besluit om self in te spring en die stasie se perseel en platvorm skoongemaak, gras gesny en onkruid uitgetrek om dit veiliger te maak vir pendelaars om die stasie te gebruik.

Die VF Plus het ook ‘n ontmoeting met ‘n verteenwoordiger van die Passasierspooragentskap (Prasa) gehad om die foute en gebreke by De Mist en ander treinstasies in en om die Nelson Mandelabaai-metro aan hom uit te wys. Hy het die versekering gegee dat meer aandag geskenk sal word aan die toestande by die treinstasies om nie net pendelaars nie, maar ook personeel se veiligheid te verseker.

Die VF Plus se parlementslid vir vervoer, mnr. Piet Mey, sal ook die saak opneem met die parlementêre portefeuljekomitee vir vervoer en die betrokke minister.

Die VF Plus is deurgaans betrokke by skoonmaak-projekte in die Nelson Mandelabaai-metro (Bethelsdorp, Bloemendal, Blue Horizon Bay, Clarendon Marine, Despatch, KwaNobuhle, Motherwell, Port Elizabeth, Summerstrand, Swartkops, Uitenhage) en om inwoners by te staan met diensleweringsprobleme wat veral meegebring word deur politieke onstabiliteit in die metro.

Die tyd het aangebreek vir kiesers om die onbevoegde regering in die metro met die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar te vervang met ‘n stabiele en bevoegde regering om instandhouding en dienslewering reg te ruk. Die VF Plus sien uit daarna om deel van die oplossing te wees.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.