fbpx
Vryheidsfront Plus

Geleenthede wat Ramaphosa wil skep vir SEB met inentingsprogram wys die ANC stel kaderverryking bo die welstand van die publiek

Die uitlatings van pres. Cyril Ramaphosa by ‘n vergadering met die Progressiewe Sakeforum (PBF) dat swart ekonomiese bemagtingings-geleenthede geskep moet word met die “ontplooiing” van Covid-19-entstof, maak die deur oop vir korrupsie en wys dat die regering kaderverryking belangriker ag as die lewe van die land se inwoners.

Dit verskaf ook die antwoord oor waarom daar steeds geen finaliteit is betreffende die aankope en verspreiding van die entstof nie aangesien finaliteit klaarblyklik nog nie bereik is oor hoe swart persone deur swart ekonomiese bemagtiging (SEB) bevoordeel kan word nie.

Geen klem word geplaas op bevoegdheid nie, maar bloot op swart ekonomiese bemagtiging. ‘n Groot deel van die hulpfonds van meer as R500 miljard is op hierdie wyse geplunder.

Die verspreiding en berging van ‘n entstof is uiters tegnies en kan slegs deur kundiges gedoen word.

SEB mag nie gebruik word as kriteria vir die toekenning van kontrakte vir die verspreiding van die entstowwe nie. Hierdie kontrakte moet toegeken word aan maatskappye met bewese ervaring in die verspreiding van entstowwe.

Daar is nou ook bewerings dat alle Suid-Afrikaners deur ‘n spesiale belastingheffing vir die entstof gaan betaal wat totaal onaanvaarbaar is vir die VF Plus.

Die enigste prioriteit behoort te wees om die entstof so gou as moontlik te verkry en beskikbaar te stel. Hiervoor moet die kundigste mense en maatskappye in die land aangewend word.

Hierdie vertraging in die verkryging van die entstof en die verspreiding daarvan onder die dekmantel van SEB, gaan volgens kundiges ook daartoe lei dat Suid-Afrika ‘n sterk derde golf van die virus kan beleef wat baie lewens kan eis.

Dit is ook onbillik dat daar volgens die president voorkeur gegee gaan word aan swartes in die opbou van die ekonomie.

Wit én swart het saam werke en sake-ondernemings tydens die streng inperking verloor. Alle rasse in Suid-Afrika moet saamwerk om die ekonomie weer op te bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.