Die ANC-burgemeester van die Maquassi Hills-plaaslike munisipaliteit (Leeudoringstad, Makwassie, Witpoort, Wolmaransstad), Nonnie Kgabi, is tydens ‘n raadsvergadering Donderdag met ‘n VF Plus-gesteunde mosie van wantroue van haar amp onthef.
Hierdie mosie is gebring nadat inwoners van dié munisipaliteit reeds ‘n geruime tyd gebuk gaan onder ontwrigtende, swak dienslewering met Kgabi as burgemeester.
Die probleme sluit in gereelde krag- en watertoevoer-onderbrekings, onbegaanbare paaie en strate, riool wat in die strate afvloei en vele meer.
Selfs pogings van die Noordwes-provinsiale regering om die munisipaliteit reg te ruk, is deur die raad in die wiele gery.
Die VF Plus sal voortgaan om druk toe te pas en sal alle aksies steun om ANC-ampsdraers tot verantwoording te roep. Die voortslepende wanbestuur en korrupsie in ANC-beheerde munisipaliteite moet beveg en uitgeroei word.
Navrae: 082 316 6992