Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan voort met klag by MRK ongeag Lesufi se onderneming om NGO’s se befondsing nie meer te besnoei

Die VF Plus gaan voort om 'n klag vir die menseregtekommissie (MRK) voor te berei teen die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die provinsiale regering om 'n menslike katastrofe groter as die Life Esidimeni-tragedie te voorkom.

Die klag sal binnekort ingedien word ongeag die feit dat Lesufi luidens ‘n berig in TimesLive aangedui het die besnoeiings is afgestel. (https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2023-04-24-dont-panic-lesufi-to-ngos-whose-funding-has-been-slashed/)

Die VF Plus gaan in sy klag die MRK vra om onder meer ondersoek in te stel na die grondwetlikheid van die besluit om die maatskaplike befondsing in die eerste plek te besnoei.

Die MRK moet die situasie ook monitor om seker te maak dat alle befondsing wel aan maatskaplike organisasies betaal word, ondanks Lesufi se onderneming.

Lesufi en sy departement van maatskaplike ontwikkeling se ondeurdagte besluit sou baie organisasies gedwing het om hul deure te sluit met die gevolg dat die weerloses op straat sou beland.

Daar bestaan geen twyfel by die VF Plus nie dat dit 'n enorme skeur in die maatskaplike vangnet in Gauteng sou veroorsaak het nie en dat die provinsie 'n menslike katastrofe in die gesig sou staar wat die Life Esidimeni-tragedie sal oorskadu.

Lesufi wou befondsing weg van nieregeringsorganisasies (NGO’s) verskuif na dwelm rehabilitasie-, opleiding- en werkskeppingsprojekte. Die projekte kan egter uit ander bronne befonds word.

Die dwelm-rehabilitasieprogram kan befonds word uit die premier se eie begroting, die opleiding uit die onderwysbegroting in samewerking met bestaande opleidingsprogramme, en die werkskeppingsprojekte kan gefinansier word vanuit die departement van ekonomiese ontwikkeling se begroting vir township-ontwikkeling.

Die VF Plus het ook verlede week tydens 'n vergadering van die wetgewer se oorsigkomitee oor die premier se kantoor die probleem aangemeld en versoek dat die komitee optree deur Lesufi te dwing om die kwessie op te los.

Talle van maatskaplike organisasies het die VF Plus al genader om hulp en hierdie versoeke sal by die klag gevoeg word.

Die party nooi maatskaplike organisasies wat geraak word om dit aan te meld by die VF Plus se klagtebestuurder, mnr. Neels Hattingh, by neels@vfplus.org.za

Lesufi het al oor en oor bewys dat hy nie te vertroue is nie en daarom sal die VF Plus aanhou om druk uit te oefen dat hy wel sy woord hou.

Die weerloses verdien beter as die ANC en Lesufi se wrede en roekelose besluite.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.