fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan Lesufi aankla vir minagting van die Grondwet

Die VF Plus gaan die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, aankla by die integriteitskommissaris van die Gautengse wetgewer.

Dit volg nadat Lesufi gister die registrasiestelsel vir graag 1 en graad 8 leerlinge vir 2019 aangekondig het. Verskeie wenkbroue het gister gelig met hierdie aankondiging omrede Lesufi dit duidelik gestel het dat taalbeleid van Gautengse skole geen rol in die aansoekproses sal speel nie. Volgens Lesufi moet ouers aansoek doen by die naaste skool aan hul huis of werk en dat dit nie saak maak wat die taalbeleid van die skool is nie.

Volgens die VF Plus dek Lesufi weer die tafel vir openbare geweld by skole en is Lesufi besig om moedertaalonderrig uit skole te forseer. Dit sal tot algehele chaos en wanorde lei en kinders gaan in die middel van openbare geweld staan. Lesufi is besig om onskuldige kinders te gebruik as ‘n politieke speelbal en hy moet gestop word. Deur hierdie aksie pleeg hy nie net ‘n gruwelike daad teen Afrikaans nie, maar alle amptelike landstale van Suid-Afrika.

Lesufi sal aangekla word in terme van Artikel 135 van die Grondwet, gelees saam met Bylae 2 artikel 5. Volgens hierdie artikel word elke Premier of LUR ingesweer as lid van ‘n wetgewer met dien verstande dat lede van die Uitvoerende Raad van ‘n provinsie, voordat hulle begin om hul funksies te verrig, ooreenkomstig Bylae 2 ‘n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet moet aflê.

Volgens die VF Plus het Lesufi reeds hierdie artikel van die grondwet oortree deur Artikel 29 van die Grondwet te minag. Laasgenoemde artikel stel dit duidelik dat elkeen die reg het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of taal van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is. Lesufi het ook die gedragskode van ampsbekleërs in die Gautengse wetgewer oortree.

Die VF Plus wil dit duidelik stel dat LUR Lesufi se dae getel is en hy behoorlik vasgevat moet word.

Kontakbesonderhede: 060 556 4347

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.