Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan as koalisievennoot in Pretoria/Tshwane- en Krugersdorp/Mogale-regerings misdaad begin vasvat

Die VF Plus neem met skok kennis van die groeiende tendens van kontakmisdaad waar onskuldige burgers vermoor en aangerand word en die party onderneem om daadwerklike stappe te neem om die soort misdaad met alles in sy vermoë te beveg, sê adv. Anton Alberts, leier van die VF Plus in Gauteng.

In die jongste voorvalle vandeesweek is ‘n pa, ma en hul jong dogter Maandagaand in hul huis in Muldersdrift, Gauteng, gewond nadat vermeende rowers op hulle geskiet het.

In ‘n ander voorval is ‘n 47-jarige man Donderdagaand in sy huis in Uitenhagestraat in Faerie Glen, ten ooste van Pretoria doodgeskiet toe hy sy gesin teen rowers probeer beskerm het.

Adv. Alberts sê die VF Plus se verkiesingsmanifes maak dit duidelik dat veiligheid ‘n prioriteit sal wees indien die party deel van enige koalisieregering vorm, en die party gaan nou gestalte gee aan daardie onderneming.

“Die VF Plus is deel van die Krugersdorp/Mogale-regering en is in beheer van die portefeulje gemeenskapsveiligheid. Mnr. Tjaart Steenkamp, die VF Plus-LBK, gaan onmiddellik werk daarvan maak om veiligheid in dorp- en plattelandse gebiede aan te spreek.

“Die VF Plus as koalisievennoot in Johannesburg en Pretoria/Tshwane gaan ook onmiddellik stappe neem om seker te maak dat die metropolisie sy fokus op misdaadvoorkoming verskerp.

“Dit is duidelik dat stede en dorpe self moet begin sorg vir gemeenskapsveiligheid weens die disfunksionele aard van die polisie weens die ANC se verpolitisering van die een instansie wat die mense van Suid-Afrika moet beskerm.

“Die VF Plus sal aan die voorfront van daardie aksie wees as verantwoordelike koalisievennoot, sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.