fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis streng optrede van LUR ná brand by hospitaal

Die VF Plus in Limpopo eis dat Limpopo se LUR vir gesondheid, Phophi Ramatuba, streng optree oor die stand van hospitale in dié provinsie nadat daar in die vroeë oggendure ‘n brand ontstaan het by die FH Odendaal-hospitaal op Modimolle (Nylstroom) waarin twee mense oorlede is.

Die provinsie se departement van gesondheid moet verantwoordelik gehou word vir die swak bestuur, gebrekkige infrastruktuur en gepaardgaande veiligheidsrisiko’s wat meeste hospitale in die provinsie inhou.

Die VF Plus het ‘n skrywe aan die menseregtekommissie (MRK) gerig oor hierdie voorval om aan te sluit by bestaande klagte teen die algemene stand van sake by provinsiale hospitale. Dit is onaanvaarbaar dat brande in hospitale kan uitbreek waar siek mense veg om oorlewing.

Voorvalle soos hierdie skend gemeenskappe se vertroue in die openbare gesondheidsdiens. Dit plaas groot druk op die departement om die nodige voorsorgmaatreëls en noodplanne by provinsiale hospitale in die provinsie in plek te kry om toekomstige tragedies te vermy.

Die VF Plus spreek hiermee ook sy medelye uit teenoor die naasbestaandes van die persone wat in die brand omgekom het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.