fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis ingryping in Middelburg-krisis

Die VF Plus het 'n dringende skrywe gerig aan Mpumalanga se premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, en die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, waarin gevra word om dringend in te gryp in die toenemende humanitêre krisis en eskalerende geweld in Middelburg.

Munisipale amptenare in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) staak sedert September oor onder meer die uitkontraktering van dienste en salarisverhogings. Intussen het die situasie geëskaleer tot ‘n veiligheid- en humanitêre krisis.

Stakende amptenare bestook verkeersbeamptes se huise met petrolbomme, vullis word nie verwyder nie, watertoevoer na inwoners word gesaboteer, kragkabels word beskadig en werkers wat opdaag vir werk word geïntimideer en gedreig.

Die VF Plus het ook ‘n klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien om die skending van menseregte in die munisipaliteit te ondersoek.

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat munisipale werkers die munisipaliteit en sy inwoners gyselaar hou deur die vernietiging van infrastruktuur, staats- en privaat eiendom, maar steeds hul volle salaris vir Oktober ontvang het.

Daar moet nou daadwerklik opgetree word teen die onwettige optrede van munisipale amptenare wat die veiligheid van inwoners bedreig en die eens vooruitstrewende dorp van Middelburg in ‘n rommelhoop verander.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.