Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis daadwerklike risikobestuur in Mangaung-metro

Die VF Plus dring daarop aan dat die Mangaung-metro onmiddellik ’n sterker en meer doeltreffende risikobestuursraamwerk instel nadat ernstige tekortkominge in die jaarlikse risikokomiteeverslag tydens ’n raadsvergadering aan die lig gekom het.

Hoewel risiko’s wel geïdentifiseer word, toon die verslag dat skadebeperkende maatreëls onder ANC-bestuur eenvoudig nie in werking gestel word nie.

Dit ondermyn dienslewering en bedreig die munisipaliteit se finansiële volhoubaarheid.

’n Kernprobleem is die swak bywoning van departementshoofde by komiteevergaderings.

Die VF Plus eis dat die stadsbestuurder, mnr. Sello More, onmiddellik teen hierdie oortreders optree. Die volgehoue afwesigheid van senior bestuur sonder enige gevolgbestuur skep ’n kultuur van strafloosheid.

Die agteruitgang in die Blou- en Groen Druppel-status is eweneens onaanvaarbaar. Die VF Plus eis duidelike herstelplanne en dat fondse vir waterbehandelingsinfrastruktuur in die 2026/2027-begroting geoormerk word.

Verder wys die verslag dat 28% van strategiese- en 33% van operasionele risikoversagtingsmaatreëls nie ingestel is nie.

Die VF Plus dring daarop aan dat alle geïdentifiseerde risiko’s volledig geïntegreer word in die ontwikkelingsplan en die begroting.

Onder ANC-bestuur het risikobestuur in Mangaung ’n blote papieroefening geword.

Sonder beslissende optrede en aanspreeklikheid sal Mangaung se inwoners steeds die prys betaal vir ANC-wanbestuur.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.