fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien vandag klag by polisie in oor Wêreldbeker-sokkerbedrog

​Die VF Plus dien vanmiddag ‘n klag by die polisie in waarin gevra sal word dat ondersoek ingestel word na die moontlike betrokkenheid van Suid-Afrikaanse regeringslui en sport-amptenare by bedrog wat gepleeg is rondom die bodproses vir die vorige sokker-wêreldbeker wat in Suid-Afrika aangebied is.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport, sê die klag sal vanmiddag om halfvier (15:30) by die Garsfontein polisiekantoor in Pretoria ingedien word.

Die bewerings soos vervat in die klagstaat wat die Amerikaanse FBI opgestel het, sal die grondslag vorm vir die klag.

Die polisie sal versoek word om in besonder ondersoek in te stel na die rol van die ministerie van sport en alle persone wat deel van die bodproses was.

Adv. Alberts het benadruk dat die oudit wat wel gedoen is rakende Suid-Afrika se geldsake met betrekking tot die wêreldbeker, nie ‘n forensiese oudit was nie, en het gesê dit is daarom onvanpas vir die minister van sport, Fikile Mbalula, om dit as ‘n feit te stel dat geen ongerymdhede van Suid-Afrika se kant plaasgevind het nie.

Uit die FBI se klagstaat blyk dit dat die geld nie vanuit Suid-Afrika betaal is nie, maar dat dit ‘n deel was van Fifa-gelde wat na Suid-Afrika moes gaan en toe gekanaliseer is na die samesweerders. Dit sal wel vasgestel kan word deur ‘n forensiese ondersoek wat veel dieper delf en doelbewus na ongerymdhede soek.

“Ons almal weet wat het met die wapenskandaal gebeur. Daar is bedrog en korrupsie gepleeg wat so fyn verdoesel is dat selfs ‘n regter jare later aangestel is om agter die waarheid te probeer kom, en ons weet steeds nie wat dit werklik is nie.

“Die positiewe hier is dat Suid-Afrika se owerhede nie alleen by die ondersoek betrokke is nie, en dat ongerymdhede wat deur die FBI openbaar gemaak word, moeilik ontken of verdoesel sal kan word,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.