Dit is jammer dat baie Suid-Afrikaners so verarm dat hulle gedwing word om in haglike omstandighede te woon, sê Marcelle Maritz, VF Plus-hooforganiseer in Limpopo.
Me. Maritz, bekende inwoner van Potgietersrus wat onlangs die VF Plus haar nuwe politieke tuiste gemaak het, het ‘n tyd gelede ‘n hulp-oproep van die gemeenskap van Myngenoegen aan die buitewyke van Tzaneen ontvang.
“Met my besoek aan die skuiling is ek vriendelik rondgewys en het dadelik ‘n groot behoefte onder die mense ervaar. Die 18 sakke klere wat ek saamgeneem het, is met dankbaarheid ontvang en uitgedeel.”
Een van die inwoners, oom Ollie (80) se grootste wens is om sy dogter weer te sien. Beide het nie die nodige fondse om so ‘n geleentheid te reël nie. “Sodra oom Ollie se gesondheid dit toelaat , sal ek sorg dat hy ‘n naweek by haar in Gauteng gaan kuier.
“Intussen het die mense van Myngenoegen dringend waspoeier, brandhout, toiletware, groente, kruideniersware en stene nodig om die area waar hulle eet, toe te bou,” sê Maritz.
Mense wat wil help, kan haar skakel by 078 617 8682.
Marcelle Maritz
VF Plus Hooforganiseerder – Limpopo
Epos: marcelle.maritz@vfplus.org.za