fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus behaal deurbraak met toegewing van president oor polisieoptrede tydens onwettige grondbesettings

Die polisie kan nie net staan en toekyk terwyl grond onwettig beset word nie. Dit is onwettig en die polisie moet optree en die mense in hegtenis neem.

Pres. Cyril Ramaphosa het hierdie belangrike toegewing vandag gemaak tydens vraetyd in die parlement in antwoord op ‘n vraag van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, oor waarom die polisie op grondvlak nie optree teen besetters nie, en waarom die onus op grondeienaars is om hofbevele te bekom om die polisie tot optrede te dwing.

Dr. Groenewald het ook aan die president gesê daar kan eers ‘n beredeneerde gesprek oor grondhervorming plaasvind indien die uitgangspunt aanvaar word dat bestaande, wit eienaars van grond hul grond op ‘n regmatige, eerlike en hardwerkende manier verkry het. Daar moet ook erkenning daarvoor wees dat boere hard werk om Suid-Afrika te voed.

Dr. Groenewald het voorts gesê onteiening sonder vergoeding sal nie die grondhervormingprobleem oplos nie.

“Die voormalige minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het in die parlement erken dat 93% van restitusie-begunstigdes nie die grond wou hê nie, maar eerder geld.

“Hy het ook erken dat die staat in besit is van 99% van die titelaktes van alle grond wat tot dusver in grondhervormingsprogramme verkry is”.

Dr, Groenewald het gesê indien die president werklik ‘n sukses van grondhervorming wil maak sal die meer as 4000 plase wat tans in besit van die staat is, eers aan mense gegee moet word.

Die president het ook hieroor erken dat die staat en staatsentiteite in besit van groot hoeveelhede grond is wat wel deel van die grondhervormingproses gaan wees.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.