Die Vryheidsfront Plus het die radiostasie Jacaranda 94.2 se uitdaging aan politieke partye vir die voorsiening van water in droogtegeteisterde areas (#ProjectWaterDrop) in die Noordwes-provinsie aanvaar.
Raadslid Elsa Lourens van Brits wat ook op die Bojanala distriksraad in die Noordwes dien, sal die projek namens die VF Plus dryf.
Lourens sê die droogte raak almal, en die uitdaging dien ‘n baie goeie doel. “Ek was sowat twee weke gelede in Swartruggens, waar die dam selfs na al die reën van 0.7% na slegs 3% gestyg. Die droogte is dus glad nie gebreek nie, en dit is belangrik om water in die gebied te kry,” sê sy.
Die VF Plus sal die projek na die omgewing van die Kgetleng-rivier (Koster-, Derby- en Swartruggens-area) as verspreidingsgebied dryf.
Indien u ‘n bydrae wil maak, of wil deelneem aan die projek, kan u gerus water bring na die volgende punte in Madibeng/Brits:
Vir meer inliging, kontak Jean Kriek op 076-015-2218.