Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verwagtinge mediumtermyn-begrotingsrede

Minister Nhlanhla Nene, minister van Finansies, se beweegruimte in more se mediumtermyn-begrotingsrede is uiters beperk.

Tussen al die finansiële eise op die staatskas deur sal die minister moet aantoon dat die regering die erns van Suid-Afrika se huidige finansiële krisis verstaan en bereid is om drastiese stappe te neem om dit te verbeter. Dit moet onder meer die ernstige inkorting van staatsuitgawes en weerstand teen onredelike vakbondeise behels.

Eenvoudige somme dui aan dat die staat se uitgawes steeds ver bo die inflasiekoers groei terwyl die belastinginkomste nie daarmee tred hou nie. Die gevolg is dat die staatskuld besig is om hand uit te ruk.

Die minister het net een van twee keuses – of hy moet belastings verhoog of die staatsuitgawes drasties besnoei.

In die huidige tyd waar Suid-Afrika 'n baie lae ekonomiese groeikoers het, sal 'n verhoging in belasting net ekonomiese groei verder inkort. Dit sal die verkeerde keuse wees.

Binne- en buitelandse waarnemers asook internasionale kredietgraderingsmaatskappye sal dophou tot watter mate die begrotingsrede aandui dat die regering die erns van die huidige situasie besef en bereid is om dissipline toe te pas en staatsuitgawes te besnoei.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.