fbpx
Vryheidsfront Plus

Vervalle munisipale stormwaterstelsels maak duur herstelwerk aan nasionale paaie tot niet

Die vervalle stand van munisipale stormwaterstelsels maak duur herstelwerk aan nasionale paaie tot niet.

Reënwater wat opdam in dorpe op hoofroetes verswak die paaie en lei tot die verbrokkeling van padoppervlaktes. Miljoene rande se skade word so aangerig.

Goeie voorbeelde hiervan is in Wolmaransstad en Potchefstroom in Noordwes waar die N12 wat deur die dorpe loop, gereeld onder water is weens verstopte stormwaterpype.

Sanral het onlangs die pad herstel nadat die VF Plus die minister van vervoer, Fikile Mbalula, versoek het om in te gryp. R45 miljoen is bestee om die pad by Wolmaransstad, Klerksdorp en Potchefstroom te herstel.

‘n Onlangse parlementêre verslag het ook uitgewys dat ‘n groot deel van die vloedskade aan paaie in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap vroeër vanjaar te wyte was aan vervalle munisipale stormwaterstelsels.

Met die toename in verkeer op hierdie roetes tydens die feesseisoen, skep hierdie nalatigheid van ANC-beheerde munisipaliteite ook ‘n veiligheidsrisiko vir reisende toeriste.

Hierdie stand van sake belig opnuut hoe die onverantwoordelikheid, gebrek aan insig en onbekwaamheid wat ANC-beheerde munisipaliteite kenmerk, selfs die pogings tot dienslewering van die nasionale ANC-regering ondermyn. Dit is skandelik.

Suid-Afrikaners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.