fbpx
Vryheidsfront Plus

Verskuiwing van parlement nie sinvol

Die verskuiwing van die parlement van Kaapstad na Tshwane sal miljarde rande kos wat die staatskas nie kan bekostig nie en dit is daarom nie ’n sinvolle voorstel van die EFF nie.

Vir die VF Plus is koste die grootste oorwegingsrede in die aangeleentheid.

Die wetsontwerp oor die verskuiwing skets ’n baie onvolledige beeld van die ware koste en talle faktore word buite rekening gelaat.

Een hiervan is die verskuiwing en hervestiging van al die ampsdraers en werknemers van die parlement. Dit word hoegenaamd nie in die wetsontwerp verreken nie.

Die parlement het sowat 1 300 werknemers. Saam met die amptenare waarskynlik sowat 2 000. Hierdie mense sal hul gesinne teen groot koste moet hervestig met skoolgelde, nuwe skoolklere en talle ander faktore wat buite rekening gelaat word.

Dit is ook ’n gegewe dat die bestaande parlementsgebou wat in ʼn brand beskadig is, herstel sal moet word. Die geraamde koste is R2 miljard maar die uiteindelike koste sal waarskynlik veel meer beloop.

Nog ʼn argument is die reiskoste van parlementslede en ampsdraers.

Dit is ook nie geldig nie aangesien daar altyd steeds parlementslede in ander provinsies sal wees wat moet reis, ongeag waar die parlement geleë is.

Die parlement se komitees kan steeds op ’n hibriede metode, soos nou ook gedoen word, hul werk voortsit.

Die EFF gee altyd hoog op oor hul besorgdheid vir gewone werknemers. Hier word dit geïgnoreer. Die VF Plus steun nie die wetsontwerp nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.