Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verlengde inperking – nou tyd vir Suid-Afrikaners om deursettingsvermoë te wys

Die omvang van die Covid-19 bedreiging vir Suid-Afrika en die wêreld het gelei tot ‘n verlengde inperkingsperiode tot die einde van April. Die VF Plus doen ‘n ernstige beroep op alle Suid-Afrikaners om daaraan gehoor te gee, saam te werk tot almal se gemeenskaplike voordeel en om die deursettingsvermoë te wys waarvoor Suid-Afrikaners bekend is.

Die VF Plus het reeds ‘n versoek tot president Cyril Ramaphosa gerig om nogtans van die inperkingsmaatreëls te verslap om seker te maak die ekonomie stagneer nie verder nie en om nieteenstaande die inperking stappe in werking te stel om na ‘n normale omgewing terug te keer.

In vandag se vergadering met politieke leiers, het die president nie ‘n aanduiding gegee dat die inperkingsperiode verleng gaan word nie

Die VF Plus het nogtans versoek dat, indien dit verleng sou word, sekere inperkingsregulasies opgehef moet word om dit vir sekere sake-ondernemings moontlik te maak om te begin funksioneer. Restaurante en eetplekke waar mense in groot groepe byeen kan kom, word nie hierby ingesluit nie.

Van die VF Plus se ander voorstelle is om werkers toe te laat om tot die werkplek terug te keer in gevalle waar kantoorruimte en omstandighede dit toelaat, onder die voorwaarde van beskermde kleredrag en sosiale afstand tussen werkers.

Die uitgebreide finansiële hulpprogram wat president Ramaphosa aangekondig het, mag onder geen omstandighede onderhewig wees aan enige Swart Ekonomiese Bemagtigings (SEB)-voorwaardes nie.

Die VF Plus wil klem lê op sy versoek van sosiale eenheid, kalmte en nugterheid. Alhoewel die inperking eerbiedig moet word, is dit belangrik vir mense om steeds uit te reik na mekaar, om die hande te vat en mekaar op elke wyse moontlik te ondersteun en te dra in hierdie uiters moeilike tyd.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.