fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Verbruikerskommissie maak vordering met aanbevelings rondom vakansieklubs

Die hoofregsadviseur van die Verbruikerskommissie het die VF Plus vandag verwittig dat ‘n groot groep vakansieklubs reeds gedagvaar is om weens beweerde wanpraktyke voor die Verbruikerstribunaal te verskyn, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder vir handel en nywerheid.

Adv. Alberts sê die volgende groep klubs, wat een van die vyf grootstes in Suid-Afrika insluit, gaan binnekort ook gedagvaar word om te verskyn. Bevindings wat die tribunaal in die proses sal maak, sal bindend wees op die hele bedryf.

Hy sê die kommissie gaan die tribunaal onder meer vra om alle kontrakte wat nie ‘n kanselleringsklousule het nie en dus ewigdurend is, ongeldig te verklaar.

Beslissings wat reeds geneem is, moet ook op ander kontrakte van toepassing gemaak word, en veral Artikel 42 van die Wet op Verbruikersbeskerming rakende bedrieglike skemas en aanbiedings.

Ook die puntestelsel-konsep sal onder die vergrootglas geplaas word aangesien daar geen wetgewing bestaan wat klubs hiervolgens reguleer nie.

Volgens adv. Alberts is punte niks anders nie as die uitreik van koeponne in die plek van geldwaarde en in die Suid-Afrikaanse geldstelsel het dit geen waarde nie. Dit beteken in effek dat ‘n mens geen waarde kry wanneer jy punte koop nie.

“Elke persoon wat punte gekoop het, moet dus die reg hê op eienaarskap van vaste bates van klubs. In die praktyk gebeur dit egter dat bates in trusts geplaas word en dat net enkele persone wat die klubs bestuur, daaruit voordeel trek. Volgens die kommissie is dit opsig self ‘n bedrieglike skema.

“Die VF Plus is bly dat die punt bereik is waar die tribunaal binnekort met verhore kan begin om sodoende ‘n einde te bring aan hierdie lank uitgerekte sage,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.