fbpx
Vryheidsfront Plus

Veiligheidsgroepe slaan toe om onwettige myners uit Plastic City in Brakpan te verwyder

‘n Multidissiplinêre groep bestaande uit lede van plaaslike gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), die openbare orde polisie, binnelandse sake, polisielede van Brakpan, die K9-honde-eenheid en die dierebeskermingsvereniging (DBV) het gisteroggend op Plastic City in Brakpan toegeslaan waar onwettige myners, meer bekend as Zama-Zamas, besig was met die beskadiging van infrastruktuur om hul onwettige mynbedrywighede uit te voer.

Raadslede van die koalisievennote in die Ekurhuleni-metroaad en Gautengse wetgewerlede het oorsig gehou oor die operasie.

Die operasie is uitgevoer op versoek van inwoners wat naby Plastic City woon. Misdaad in en rondom die gebied gedy.

Plastic City bestaan hoofsaaklik uit mense wat plastiekware bymekaarmaak, dit smelt en verkoop.

Intussen het buitelanders hul intrek daar geneem en begin om infrastruktuur te beskadig. Teerpaaie, ondergrondse waterpype en kragkabels word opgegrawe om myners in staat te stel om hul goudproduksie te bedryf. Verskeie mynskagte hier is jare gelede gesluit.

Tydens die operasie is 13 onwettige myners in hegtenis geneem, verskeie kruiwaens, waterpompe, hekmotors, kragopwekkers, tuinslange, tuingereedskap en meer is deur die polisie as bewysstukke in besit geneem.

Die DBV het ook agt mishandelde honde weggeneem.

Koalisie-raadslede, gemeenskapsveiligheidsgroepe asook sekuriteitsmaatskappye sal gereeld betrokke wees by operasies in Plastic City om toe te sien dat onwettige myners hul werksaamhede stopsit.

Die VF Plus, wat baie van dié soort operasies bywoon om ‘n oorsigrol te speel, bedank al die betrokke partye vir hul samewerking.

Hierdie wetteloosheid kan nie toegelaat word nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.