Die Tshwane-metroraad is in meer moeilikheid as wat die verbruiker besef. Selfs die Ouditeur-Generaal vra kommerwekkende vrae oor die finansiële bestuur van die stad, sê Awie Erasmus, VF Plus-stadsraadslid in die Tshwane-metro.
“Hoewel die metro verlede week ‘n ongekwalifiseerde oudit ontvang het, is daar beslis punte van kommer,” sê rdl. Erasmus.
“’n Ongekwalifiseerde oudit moet nie met ‘n “skoon oudit” verwar word nie. ‘n “Skoon-oudit” is een waar geen punte van kommer genoem word nie,” het hy verduidelik.
Die Ouditeur-Generaal het ernstige kwelpunte soos finansiële verliese en gebrekkige finansiële leierskap in sy verslag gemeld. Kwelpunte is as volg:
Die VF Plus het direkte vrae aan die Ouditeur-Generaal (OG) gestel met ‘n sterk klem op die finansiële volhoubaarheid van die Tshwane-metroraad. Die vrae is as volg:
Volgens rdl. Erasmus, VF Plus se woordvoerder oor finansies in die metro, is die finansiële volhoubaarheid van die stad vir elke inwoner van kardinale belang.
Rdl. Erasmus maak die punt dat enige tekorte en verliese a.g.v. swak bestuur, net eenvoudig na die belastingbetaler afgewentel word wat reeds vuisvoos is te midde van ‘n dreigende resessie.
Die vrae wat aan die OG gestel is sal in Februarie beantwoord word en die VF Plus sal seker maak dat genoegsame terugvoer ontvang word.
Awie Erasmus
Raadslid: Tshwane Metro Raad (Finansies)
Tel: 072 815 4053
awieerasmus@gmail.com