Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-metro moet die Afrikaner se erfenis bewaar

Die VF Plus-jeug doen ‘n beroep op die Tshwane-metro asook die provinsiale departement van kuns en kultuur om die vier forte in Pretoria wat uit die Anglo-Boereoorlog-tydperk dateer, te restoureer en teen vandalisme te beskerm.

Twee van die vier geskiedkundige forte, Fort Daspoort en Fort Wonderboom, is so erg beskadig dat daar van dié onvervangbare Africana net ‘n murasie oor is.

Die forte is kort na die Jameson-inval in Januarie 1896 opgerig in opdrag van die destydse Zuid-Afrikaanse Republiek.

Die bekende Fort Klapperkop en Fort Schanskop lê ten suide van Pretoria met Fort Wonderboom en Ford Daspoort onderskeidelik in die noorde en weste.

Interessante feite oor die onderskeie forte is:

Fort Daspoortrand is die grootste van die vier en is die enigste wat ses verdedigingshoeke het. Die fort is deur twee Franse militêre ingenieurs ontwerp en gebou, terwyl die res deur Duitsers ontwerp is. Die Duitse- en Franse argitektuur kom sterk na vore in die boustyl van die geskiedkundige geboue.

Wat die ontwerp en werkinge van die forte verder so merkwaardig maak is dat hulle die eerste forte is wat telefonies met mekaar verbind was. Selfs die 5de fort in Johannesburg is by die kommunikasiestelsel ingesluit.

Dit is die plig van stadsvaders om dié geskiedkundige geboue vir die nageslag te bewaar.

Die VF Plus-jeug gaan ‘n versoek tot die VF Plus-raadslede in Pretoria rig, wat deel is van die koalisieregering, om dringend hieraan aandag te gee.

 

Kontaknommer: 079 224 7321

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.