fbpx
Vryheidsfront Plus

Trek staatsdiens se belt stywer in met begroting, sê VF Plus

Suid-Afrika se buitensporig groot staatsdiens plaas uitermatige groot druk op die fiskus en dit is die een plek waaraan gewis aandag gegee moet word in hierdie jaar se begroting, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê ‘n moratorium moet geplaas word op nuwe aanstellings, en veral op aanstellings vanuit die private sektor wat teen buitensporige salarisse na die staatsdiens gelok word.

Hy sê groot salarisverhogings en sogenaamde merietebonusse aan senior amptenare kan ook nie meer bekostig word nie.

“Eise vir ‘n algemene salarisverhoging van sowat 15% vir die staatsdiens is nie haalbaar nie en sal Suid-Afrika in sy huidige swak finansiële posisie ekonomies lamlê. ‘n Sinvolle verhoging sal gelykstaande aan inflasie plus sowat 1% wees.

“Sosiale toelaes is nog ‘n onversadigbare spons wat ‘n groot las op die staatskas plaas en ook hier kan nie toegelaat word dat dit onbepaald bly groei nie. Kundiges bereken reeds dat toelaes en die staat se salarisrekening die land se totale begroting kan opneem teen die jaar 2026 indien daar nie nou halt geroep word nie.

“Indien hieraan aandag gegee word, sal dit nie nodig wees om persoonlike belasting te verhoog nie,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.