fbpx
Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika se ekonomie nou ‘n volwaardige piramide-skema

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede (IRA) se aankondiging dat daar nou meer mense in Suid-Afrika is wat maatskaplike toelaes ontvang as wat daar mense in die ekonomie werksaam is, beteken dat die land se ekonomie nou in ‘n volwaardige piramide-skema ontaard het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê die VF Plus het sowat drie jaar gelede minister Pravin Gordhan – toe nog minister van finansies – gewaarsku dat Suid-Afrika afstuur op situasie waar sy ekonomie soos ‘n kaartehuis inmekaar kan tuimel. Hierdie waarskuwing tydens ‘n begrotingsdebat-toespraak is toe afgemaak as blote pratery; die presiese woord was ‘hyperbole’.

“Ongelukkig het dit nou waar geword. Die slegte nuus is dat daar geen plan is om die ekonomie om te draai nie aangesien die pro-Gupta groepering van die ANC in volle beheer is van die staatskas en die staatsdiens se talle pensioenfondse.

“Die ANC het geen plan om die ekonomie reg te ruk nie want die chaos wat veroorsaak word in die markte gee hulle die geleentheid om hul plan van sluip-onteiening deur te voer deur geld te maak deur spekulasie op die Rand en opkoop van kunsmatig afgedrukte aandele by wyse van staatsbefondsing deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die Nywerheids-ontwikkelingskorporasie (NOK).

“Die gedwonge bankrotskap en verkoop van die Optimum-myn aan die Guptas se Tegeta is ‘n klassieke voorbeeld.

“Swart bemagtiging word bloot ‘n instrument om as tussenganger te gebruik in enorme transaksies sonder om self enige waarde by te voeg. Dit beteken die armes word armer en die nuwe elite net ryker.

“Dit voorspel niks goed vir SA nie en skep ‘n omgewing vir onstabiliteit en uiteindelik rewolusie,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 082 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.