fbpx
Vryheidsfront Plus

Bloemfontein brand as gevolg van burgemeester en ANC se onbevoegdheid

Me. Olly Mlamleli, burgemeester van die Mangaung-metro wat Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Wepener en Tweespruit insluit, het na bewering nie opgedaag vir ‘n vergadering met die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (SAMWU) nie en onderhandelinge tussen die vakbond en die munisipaliteit onder die burgemeester se leiding was tot dusver ook duidelik nie suksesvol nie, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro, gisteraand gesê na Bloemfontein se middestad in chaos gedompel is toe stakers die stadsaal aan die brand gesteek het.

Volgens Snyman-van Deventer is dit weereens bewys dat die ANC en veral Mlamleli nie daartoe in staat is om die metro te bestuur nie.

“Die staking duur reeds langer as ‘n maand voort met dienslewering en ander noodsaaklike funksies wat feitlik tot stilstand gekom het. Dit het net begin lyk of die staking op ‘n einde is toe die burgemeester se aksies skynbaar direk tot die hernude chaos aanleiding gegee het.

“Die VF Plus veroordeel die sinnelose geweld wat die Bloemfonteinse stadsaal in puin gelê het ten sterkste en versoek die polisie om alles in hulle mag te doen om die skuldiges wie se dade aanleiding tot die vernietiging van die erfenisbate en ander eiendom gegee het aan die pen te laat ry.

“Daar is geen verskoning wat sulke verwoesting kan regverdig nie,” het Snyman-van Deventer gesê.

 

Kontaknommer: 082 305 1504

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.