fbpx
Vryheidsfront Plus

Stadsraad stuur aangepaste verslag oor onreëlmatige kontrakte in Emfuleni terug

Opposisie-raadslede, aangevoer deur die VF Plus, het geweier dat die openbare rekeningekomitee van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ’n onvolledige korrupsieverslag gedurende die jongste raadsvergadering ter tafel lê.

Die verslag onthul onreëlmatige kontrakte ter waarde van R900 miljoen waarby sekere amptenare glo betrek word.

Raadslede is die vorige aand aangesê om ’n paar uur voor die raadsvergadering op 17 Oktober te vergader waar ANC-raadslede besluit het om die betrokke amptenare se name uit die verslag te verwyder.

ANC-raadslede het selfs die forensiese ouditeursgroep Compario beïnvloed om die veranderde verslag aan die raad voor te lê.

Die VF Plus het sy teenstem uitgebring en daarop aangedring dat die volledige verslag aan die raad voorgelê word. Die verteenwoordiger van Compario is gevra om die raadsaal te verlaat.

’n Besluit is geneem om die onveranderde verslag binne sewe dae tydens ’n spesiale raadsvergadering te bespreek.

Die VF Plus sal nie toelaat dat ongerymdhede wat dui op moontlike korrupsie, toegesmeer word nie. Die ANC kan nie verslae na willekeur aanpas nie. Die gemeenskap van Emfuleni moet volledig ingelig word.

Kontaknommer: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.