fbpx
Vryheidsfront Plus

Geen padtekens in Vanderbijlpark stel motoriste in gevaar

Die afwesigheid van padverkeerstekens is waarskynlik die oorsaak van ‘n botsing waarin verskeie skoolkinders eergister (22 Oktober) in Vanderbijlpark ernstig beseer is.

Die bus wat twintig leerlinge van die Laerskool Frikkie Meyer vervoer het, het op die hoek van Bequeralstraat en Hertz Boulevard met ’n bakkie gebots. Die leerlinge en bestuurder van die bakkie is per ambulans na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Die VF Plus het onmiddellik verskeie ondernemings om hulp genader wat aangebied het om te help met die aanbring van die nodige padtekens by besige kruisings.

Die party het voorheen by verskeie geleenthede die munisipaliteit versoek om die vereiste padverkeerstekens in Emfuleni aan te bring. Hierdie versoeke het op dowe ore geval en motoriste en voetgangers se lewens is daagliks in gevaar wanneer hulle die paaie gebruik.

Emfuleni se inwoners word van hul menseregte ontneem deur in ’n omgewing te werk en woon wat nie net gevaarlik is nie, maar waar feitlik geen dienste gelewer word nie.

Die ANC-beheerde raad beskik nie oor die nodige leierskap en politieke wil om Emfuleni weer in ‘n funksionerende munsipaliteit te omskep nie en die VF Plus sal aanhou om druk op die raad te plaas om dit wel te doen.

Kontaknommer: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.