fbpx
Vryheidsfront Plus

Staatsveiligheidsagentskap (SVA) skuil agter en maak misbruik van geklassifiseerde inligting

Die getuienis van die staatsveiligheidsagentskap (SVA) se waarnemende direkteur-generaal, Loyiso Jafta, voor die Zondo-kommissie, het dit duidelik gemaak dat die agentskap op groot skaal misbruik maak van geheime staatsfondse.

Onder die dekmantel dat staatsveiligheid in die gedrang kan kom, word vrae aan die SVA nie behoorlik beantwoord in die parlement nie en dit skep ‘n teelaarde vir korrupsie soos nou blyk voor die Zondo-kommissie.

Die vraag moet gevra word wat doen die gesamentlike staande komitee op intelligensie in die parlement en watter oorsigrol die komitee werklik speel oor die SVA.

Die lede van die komitee moet spesiale geheime klarings kry wat beteken die inligting behoort bekend gemaak te word in die komitee. Die indruk word daarom nou geskep dat die komitee nie sy werk doen nie.

Daar sal drasties opgetree moet word teen die lede van die SVA wat hulle skuldig gemaak het aan erge wangedrag en die verbreking van wette, in besonder die uitgee van vuurwapens aan sekere persone.

Die VF Plus (dr. Pieter Groenewald) gaan aan die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, in ‘n formele parlementêre vraag vra presies hoeveel vuurwapens is uitgedeel, aan wie is dit gegee, wat die doel daarvan was en of dit in enige misdrywe gebruik is.

Indien dit wel in misdrywe gebruik is, het die SVA hom blootgestel aan siviele vervolging waar die belastingbetaler sal moet opdok vir wangedrag en die misbruik van ‘n staatsdepartement.

Die aantygings dat miljoene rande aan oud-president Jacob Zuma betaal is, is baie ernstig en die VF Plus gaan die Valke vandag skriftelike versoek om onmiddellik ondersoek in te stel na hierdie betalings. Indien dit wel gebeur het, moet Zuma strafregtelik vervolg word.

Daar sal ‘n drastiese verandering moet kom in wetgewing wat die SVA rig om deursigtigheid te bevorder.

Daar hoef nie detail gegee te word oor operasies nie, maar inligting oor fondse wat hieraan bestee word, moet wel beskikbaar gestel word aan die gesamentlike staande komitee op intelligensie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.