Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje-munisipaliteit: VF Plus dring daarop aan dat amptenare verantwoordbaar gehou word

Die minagting waarmee senior amptenare die raad van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit in Kimberley bejeën, veroorsaak herhaaldelik vir dié plaaslike regering 'n krisis. Dit is dringend noodsaaklik dat die ANC-beheerde raad die politieke wil aan die dag lê om teen sulke amptenare op te tree.

In die jongste voorval is twee geskeduleerde komiteevergaderings op 13 Augustus afgestel nadat die betrokke direkteure nie daarvoor opgedaag het nie. By nadere ondersoek het dit geblyk dat daar tans 95 verslae uitstaande is wat komitees aangevra het.

Hierdie verslae is deur raadskomitees kragtens die Munisipale Stelselswet aangevra en amptenare wat in gebreke bly om daaraan gehoor te gee, kan geskors word.

Die komitee vir vervoer, paaie en stormwater het gister aanbeveel dat die burgemeesterskomitee die direkteur vir infrastruktuur en dienste moet skors vir sy versuim om verslag te doen en komiteevergaderings by te woon.

In nog 'n onlangse geval het die versuim van 'n amptenaar om oor die huur van 'n buitensporige duur motor verslag te doen, daartoe gelei dat die agendapunt verval het.

Hierdie soort nalatigheid verklaar die toenemende agteruitgang van dienslewering en infrastruktuur in die munisipale gebied. Die VF Plus dring by die burgemeester en sy komitee daarop aan om die politieke wil aan die dag te lê wat nodig is om teen lakse amptenare op te tree.

Kontaknommer: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.