Ondanks die groot voorkoms van seksuele geweld teen jeugdiges, is dit ‘n skande dat skoolkinders, ondanks die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders, steeds weerloos gelaat word teen gevonnisde seksoortreders.
In antwoord op ‘n geskrewe vraag van die VF Plus aan die minister van Basiese onderwys, Angie Motshekga, het die minister erken dat daar na jare steeds niks gedoen is om kinders teen seksmonsters te beskerm nie. (Vraag en antwoord hierby aangeheg). Die vraag is:
“Of (die minister se) departement maatreëls getref het om te verseker dat alle skoolopvoeders en ander personeel wat moontlik met kinders in kontak kom, aan die hand van die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders gekeur is; indien nie, waarom nie; indien wel, wat dit behels.
Die antwoord was dat die onderwysdepartement tans “in gesprek” is met die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) om seker te maak dat Saro toegang tot die “twee registers” kry om sodoende mense wat daarop gelys is, te verhinder om te registreer as opvoeders.
Die antwoord is onaanvaarbaar. Dit is ‘n skande dat die regering na jare se geploeter om die aangeleentheid aan te spreek, net mooi niks daaraan gedoen het nie.
Die minister se bewering dat gesprekke aan die gang is, is bloot nie betroubaar nie. Hierdie kamtige gesprek duur nou al baie jare. Vir hoeveel jaar wil hulle nog praat terwyl kinders aan seksoortreders blootgestel word?
Die tweede lys waarvan die minister melding maak, is die Nasionale Kinderbeskermingsregister. Oor hierdie register het die Menseregtekommissie (MRK) reeds in 2013 ‘n verdoemende bevinding gemaak en gesê dit is in totale wanorde en dat die departement van maatskaplike ontwikkeling, wat daarvoor verantwoordelik is, “misluk het in sy taak om die kinders van Suid-Afrika te beskerm”.
Alle vergrype van ‘n regering is onaanvaarbaar, maar wanneer die mees weerlose, in hierdie geval kinders, totaal in die steek gelaat word deur ‘n regering, is dit ‘n skande. Hierdie registers is weens die betrokke departemente se onbevoegdheid, en die ongevoeligheid van die regering, na al die jare steeds nutteloos.
Die VF Plus sal in gesprek tree met Saro om deurlopend druk op die regering te plaas om daadwerklik op te tree en die registers op datum te kry en in gebruik te stel om kinders te beskerm.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216
NATIONAL ASSEMBLY
WRITTEN REPLY
QUESTION 1410
DATE OF PUBLICATION OF INTERNAL QUESTION PAPER: 11/05/2018
INTERNAL QUESTION PAPER: 15/2018
1410. Adv A de W Alberts (VF Plus) vra die Minister van Basiese Onderwys:
(1) Of haar departement maatreëls getref het om te verseker dat alle skoolopvoeders en ander personeel wat moontlik met kinders in kontak kom aan die hand van die Nasionale Register vir Seksoortreders gekeur is; so nie, waarom nie; so ja, wat dit behels;
(2) of sy ‘n verklaring oor die aangeleentheid sal doen? NW1512A
(Translation):
[Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Basic Education:†
(1) Whether her department has taken measures to ensure that all school educators and other personnel who may come into contact with children have been vetted with reference to the National Register for Sex Offenders; if not, why not; if so, what it entails;
(2) whether she will make a statement on the matter? NW1512E]
RESPONSE
(1) The Department is currently in discussion with the South African Council of Educators (SACE) with the aim of working together to ensure that SACE can access the two Registers to vet recruited educators so that those who have been listed on these Registers are barred from registering as educators.
(2) No further statement on the matter is necessary at this stage.