fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Samewerking tussen private ondernemings, veiligheidstrukture van boere en die polisie kan groot voordele inhou

Boere in Limpopo en die res van Suid-Afrika leef in tye van politieke onsekerheid en geweld en die VF Plus kan nie genoeg klem daarop lê dat boere betrokke moet raak en aansluit by die veiligheidstrukture in hul omgewing en saamwerk met die polisie nie.

Dit sou voordelig wees indien die polisie ‘n spesiale eenheid op die been bring wat hom toespits op plaasaanvalle, vee- en wilddiefstal en om saam met boere en ander veiligheidsinstansies te werk om misdaad te bekamp.

‘n Voorbeeld van suksesvolle samewerking is dié van die Heritage Protection Group (HPG) wat hom toespits op die voorkoming van plaasaanvalle, vee- en wilddiefstal. HPG het onlangs ‘n groot rol gespeel in die inhegtenisneming van 'n verdagte rakende die aanval op dr. Hercu en mev. Lesley van Niekerk, ‘n afgetrede veeartspaar, in Junie 2018.

HPG en die polisie se speurdiens op Nylstroom het die verdagte vandeesweek (Maandag, 13 Januarie) in hegtenis geneem op Naboomspruit. ‘n Tweede verdagte is nog voortvlugtig. Die deurbraak dien as bewys dat samewerking wel positiewe gevolge kan hê.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.