fbpx
Vryheidsfront Plus

Regstellende aksie (RA) is argaïes en uitgedien

Die uitgediende konsep van Regstellende Aksie (RA) kom al hoe meer in die kollig en die voortgesette wenslikheid daarvan word toenemend bevraagteken.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het onlangs bevind die definisie van ‘aangewese groep” in die Wet op Gelyke Indiensneming is moontlik ongrondwetlik aangesien dit nuwe ongelykhede skep. Die MRK het bevind die regering moet dringend daaraan aandag gee.

Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het onlangs bevestig sy het kennis geneem van die MRK-bevinding en sy het haar departement gelas om aandag te skenk aan die bevinding. Die VF Plus sal haar daarby hou.

Vandag het die beweging Solidariteit ‘n optog in Johannesburg oor RA gehou wat bygewoon is deur duisende ondersteuners.

‘n Memorandum en hofstukke is aan Sasol oorhandig wat gebruik maak van die argaïese en uitgediende konsep van RA om teen wittes te diskrimineer aangaande die Khanyisa-aandeleskema waar wit werkers bloot oor die kleur van hul vel aandeel aan dié skema ontsê word.

Dit is tyd dat die ANC-regering kennis neem daarvan dat die praktyk van RA besig is om verdeeldheid tussen inwoners van die land te saai terwyl dit geen verskil gemaak het aan die lot van agtergeblewenes in Suid-Afrika nie. Dit skep bloot nuwe ongelykhede.

Die VF Plus wens Solidariteit geluk met sy optrede en hoop dat regsoptrede in dié verband teen Sasol suksesvol sal wees.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.