fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering dreig om Emfuleni se toekennings te verminder

Die ANC se wanbestuur van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit is vandeesweek op ‘n spits gedryf met die aankondiging van die nasionale tesourie dat hy oorweeg om die munisipaliteit se oorblywende gedeelte van die 2022/23-finansiële jaar se toekennings met miljoene te verminder.

Die tesourie het aangedui dat indien die munisipaliteit nie voor die einde van die finansiële jaar (Junie vanjaar) die geld bestee nie, die infrastruktuur-toekenning vanaf R194.2 na R89.7 miljoen verminder sal word.

Die geïntegreerde kragtoekenning sal vanaf R38.1 na R25.4 miljoen verminder word.

Die VF Plus is nie verbaas oor die aankondiging nie omdat die munisipaliteit in die huidige boekjaar nie die volle nasionale toekenning bestee het nie.

Intussen verswak die verouderde infrastruktuur verder en inwoners moet gereeld sonder krag en water klaarkom.

So is dele van Vanderbijlpark al vir ses dae sonder krag omdat die infrastruktuur nie onderhou word nie.

Verouderde substasies veroorsaak ook dat krag weens tegniese probleme nie dadelik na beurtkrag aangeskakel kan word nie.

Indien die ANC-beheerde munisipaliteit oor die politieke wil beskik het om die belange van Emfuleni se inwoners eerste te stel, sou die geld aangewend gewees het om dienslewering te verbeter en kritieke infrastruktuur te onderhou.

Dit is helaas nie die geval nie en die inwoners van Emfuleni ly nou onder die ANC se wanbestuur.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.