fbpx
Vryheidsfront Plus

Realiteite druk regering eindelik in die regte kragrigting

Die geïntegreerde energie-hulpbronplan wat gister bekend gestel is deur die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, is 'n groot stap in die regte rigting. Die energiemengsel wat die plan voorstel, dui op 'n aansienlike verhoging in die gebruik van wind-, son- en hidrokrag

Vir die eerste keer het mnr. Mantashe spesifiek verwys na industrialisering wat buite die bereik van die kragnetwerk kan plaasvind deur die gebruik van hernubare kraginstallasies. Dit blyk ook dat die potensiaal van hierdie bronne om die netwerk self te stabiliseer, nou raakgesien word.

Die VF Plus beywer hom reeds jare vir 'n energiebedeling van hierdie aard. Landbou kan in rampdroogtejare gestabiliseer word terwyl industriële ontwikkeling nie deur beurtkrag benadeel hoef te word nie.

Verder kan dit die druk van stedelike infrastruktuur afhaal as verafgeleë gebiede die moderne ekonomie kan betree deur krag wat plaaslik opgewek word.

Terwyl Suid-Afrika 'n wêreldklas kragnetwerk het, is die land se opwekkingsvermoë verouderd, onbuigsaam en uiters kwesbaar. Wanbestuur by Eskom help nie om die situasie te verbeter nie. Voortaan kan landsburgers self 'n bydrae lewer om die situasie reg te stel.

Nog 'n positiewe verwikkeling is dat grootskaalse bergingskapasiteit in die vooruitsig gestel word. Dit kan Suid-Afrika se oneweredige verspreiding van wind en son uitbalanseer.

Terwyl dit noodsaaklik is om van fossielenergie af te stap, kan dit nie sonder meer gedoen word nie. Daarom is hierdie plan ‘n stap in die regte rigting wat lank reeds deur die VF Plus bepleit word.

Die party hoop dat administratiewe rompslomp en wanbestuur nie hierdie belowende vooruitsig sal bederf nie.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.