Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Rand West City se waterkrisis ná drie jaar steeds onopgelos

Die aanhoudende wateronderbrekings in Randfontein en omliggende gebiede kan nie so voortduur nie en die VF Plus het ’n skrywe hieroor gerig aan die uitvoerende burgemeester van Rand West City, mnr. William Matsheke.

Die party eis duidelike antwoorde oor waarom die krisis ná byna drie jaar steeds nie opgelos is nie.

Inwoners ervaar herhaaldelik watertekorte en lae waterdruk. Die munisipaliteit se wanbestuur kan nie langer geduld word nie.

Die VF Plus wil onder meer weet of die munisipaliteit sy agterstallige waterrekening of afbetalingsooreenkoms met Rand Water nagekom het. Inwoners het die reg om te weet wat die werklike stand van sake is.

Rand Water het vantevore reeds die watertoevoer met 20% beperk weens uitstaande skuld, en die gevolge daarvan word steeds gevoel.

Terselfdertyd gaan byna 60% van die munisipale water verlore weens gebarste pype, lekkende reservoirs en swak instandhouding. Dit gebeur te midde van ’n ernstige watertekort.

Die party het die volgende vrae aan die burgemeester gestel:

• Wat is die spesifieke oorsake van die herhalende wateronderbrekings in Rand West City?
• Watter reservoirs, pompstasies en pypleidings dra by tot die huidige probleme?
• In watter mate is die onderbrekings toe te skryf aan elektrisiteitsfoute, meganiese foute, onvoldoende instandhouding, infrastruktuuragteruitgang, onvoldoende grootmaatwater of swak operasionele bestuur?
• Watter instandhoudings- en rehabilitasieprogramme is die afgelope drie finansiële jare geïmplementeer?
• Watter bedrae is begroot en werklik bestee aan waterinfrastruktuur, herstelwerk, opgraderings en vervanging?
• Watter maatreëls is getref om te verseker dat reservoirs voldoende watervlakke behou en pompbedrywighede doeltreffend bestuur word?
• Watter noodplanne is in plek om inwoners van water te voorsien tydens langdurige onderbrekings?
• Hoekom ervaar inwoners herhaaldelik ontwrigtings sonder voldoende en tydige kommunikasie van die munisipaliteit?
• Watter konkrete maatreëls sal ingestel word om te voorkom dat hierdie onderbrekings voortduur?

’n Verklaring oor die probleem is nie genoeg nie.

Inwoners verdien ’n praktiese, meetbare aksieplan wat betroubare watertoevoer sal verseker. Die munisipaliteit word daarom versoek om so ’n geskrewe plan te verskaf, wat die VF Plus sal bestudeer en daarvolgens sal optree.

Op 4 November het inwoners van Rand West City die geleentheid om vir die VF Plus te stem wat gemeenskappe en hul basiese behoeftes eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.