Die ANC en mnr. Cyril Ramaphosa durf nooit weer enige opposisieparty van "swart gevaar" of ander bang-maak strategieë te beskuldig nie na sy "die Boere sal terugkom" opmerkings die afgelope naweek.
Behalwe dat so 'n opmerking op geen werklike feite gebaseer is nie, is dit ook rassisties en polariserend.
Dit sal baie jammer wees as hierdie verkiesing deur die ANC op so 'n lae vlak geveg gaan word. Wanneer 'n party soos die ANC se argumente oor die hoë vlakke van korrupsie en oor swak dienslewering op raak, val die party terug op primitiewe bangmaak stellings soos wat mnr. Ramaphosa gemaak het. Dit is hieruit duidelik hoe diep die ANC in die moeilikheid is by hulle ongeduldige kiesers. Omdat mnr. Ramaphosa tweede in bevel van die ANC is, kan hierdie opmerkings nie ligtelik afgemaak word nie.
Hierdie verkiesing behoort te gaan oor hoe ons die ekonomiese groeikoers kan laat styg ten einde meer werksgeleenthede in Suid-Afrika vir die miljoene armes te skep asook oor hoe die verskillende groeperinge in die land vreedsaam kan saam bestaan sonder om bedreig te voel.
Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403