Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

R35.5 miljoen se skade in Matjhabeng aangerig weens kabeldiefstal

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) het die afgelope boekjaar sowat R35.5 miljoen skade gely weens kabeldiefstal en vandalisme.

Die VF Plus ontvang daagliks klagtes oor kragonderbrekings wat buite geskeduleerde beurtkragtye plaasvind. By nadere ondersoek is vasgestel dat vandalisme, diefstal, swak en vervalle infrastruktuur en ʼn gebrek aan toerusting die rede vir die onderbrekings is.

Langdurige kragonderbrekings veroorsaak wateronderbrekings aangesien die munisipaliteit se watersuiweringsaanlegte en pompstasies nie kan funksioneer nie. Die munisipaliteit probeer die situasie beredder deur waterdruk te beperk om reservoirs se watervlakke te beskerm, maar hierdie is bloot pogings om ʼn selfgemaakte krisis te bestuur.

Altesame 369 voorvalle van vandalisme en diefstal is reeds in die huidige boekjaar by die polisie aangemeld. Slegs 69 persone is in hegtenis geneem. Die munisipaliteit het bevestig dat werknemers van die munisipaliteit tans in die hof vervolg word weens betrokkenheid by van hierdie misdade..

Die VF Plus sal daarop aandring dat die munisipaliteit behoorlike befondsing toewys vir die beskerming en behoud van kritieke infrastruktuur.

Die inwoners van Matjhabeng is geregtig op ʼn plaaslike regering wat basiese dienste lewer en sy hulpbronne in doeltreffend beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.