fbpx
Vryheidsfront Plus

R1,2 miljard-belegging in Johannesburg-metro se kragnetwerk

Die stad van Johannesburg het dié week aangekondig dat ‘n lank uitstaande belegging van R1,2 miljard nou aan die Sebenza-substasie bestee gaan word om kraglewering te verbeter.

Met die oorname van die stad in 2016 deur die veelparty-koalisie waarvan die VF Plus deel is, was inwoners van Johannesburg geskok om na ‘n twaalfmaande-kragnetwerk-oudit vas te stel dat die ANC die stad met ‘n R67 miljard-agterstand op die City Power-kragnetwerk gelaat het.

In die 20 jaar wat die munisipaliteit deur die ANC beheer is, het vele agterstande ontstaan, veral op algemene instandhoudingswerk.

Die VF Plus speel ‘n belangrike rol as dit kom by dié soort van opgraderings, want as lid van die koalisie, is ons deel van die beplanning en goedkeuringsprosesse van die begroting.

Die Sebenza-substasie sal die noordooste van die stad bedien. Die opgradering sal in die eerste fase deur drie nuwe transformators gaan wat 315KVA sal lewer, waarna fase twee oorgeskakel sal word na 400KVA om vol kapasiteit te lewer.

Die opgradering wys opnuut die waarde van ‘n veelparty-koalisie om dienslewering te verbeter. Deur oordeelkundige bestuursvernuf van die koalisie gee dit vir kiesers ‘n rustigheid om vir die VF Plus te stem, want waar die party help regeer, is daar vooruitgang.

Kontaknommer: 082 358 3882

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.