fbpx
Vryheidsfront Plus

Provinsie skuld R919 miljoen aan Vrystaatse munisipaliteit

Die ANC-regering kniehalter munisipaliteite deur toe te laat dat provinsiale regerings miljarde aan munisipaliteite skuld vir elektrisiteit- en watervoorsiening, erfbelasting en tariewe.

Die Vrystaat se provinsiale departemente is die grootste sondebokke in die land as dit kom by uitstaande skuld aan die onderskeie munisipaliteite met ‘n allemintige 25% van die totale R3.7 miljard wat deur die land se provinsies geskuld word. Hierdie uitstaande bedrag beloop nagenoeg R919 miljoen.

Die Vrystaat gaan reeds gebuk onder die swakste plaaslike regering in die land met drie munisipaliteite wat gedurende die afgelope 12 maande onder administrasie geplaas is en gereelde beurtkrag-dreigemente deur Eskom oor die nie-nakoming van afbetalingsooreenkomste wat tussen munisipaliteite en die kragvoorsiener aangegaan is.

Munisipaliteite en die provinsiale regering kan nie van verbruikers verwag om hul elektrisiteitsrekeninge op datum te hou as die regering self nie hul rekeninge betaal nie.

Provinsiale regerings moet ‘n voorbeeld aan plaaslike regerings stel. Dit is daarom onaanvaarbaar dat sulke uitstaande bedrae deur departemente geskuld word.

 

Kontaknommer: 082 490 6663

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.