fbpx
Vryheidsfront Plus

Pretoria-stadsaal se naam verwelkom, maar nie ten koste van die stad se naam nie

Die VF Plus in Pretoria het die Tshwane-metro se oorweging om die Pretoria-stadsaal te vernoem na die stigter van Pretoria, Marthinus Wessel Pretorius, verwelkom maar wys daarop dat hierdie verandering nie gedoen kan word ten koste van die stad se naam wat Pretoria heet nie.

Die leier van die party in Pretoria en LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in sy reaksie op die jongste gebeure gesê die VF Plus verwelkom die gebaar wat burgemeester Ramokgopa teenoor Afrikaners toon, maar dat die burgemeester moet besef dat hy nie na die tyd sal kan aanspraak maak om die naam van die stad te verander nie.

“Pretoria se naam is Pretoria en sal vir altyd so bly. Geen transaksie, soos die herdoping van die stadsaal se naam, mag daartoe te lei dat die stad se naam verander word nie. Indien dit die burgemeester se plan is om sodoende die stad se naam te verander, sal die VF Plus dit nie toelaat nie en dit met alle erns teenstaan soos wat die party die afgelope twintig jaar reeds gedoen het.”

Die VF Plus het die hoop uitgespreek dat die Tshwane-metro en die burgemeester se motiewe suiwer is.

 

Philip van Staden

Tel: 084 015 4722

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.