fbpx
Vryheidsfront Plus

President Zuma soos ‘n bottel sonder gas

Die staatsrede van president Jacob Zuma vanaand was verbeeldingloos en sonder om werklik die ernstige Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme aan te spreek, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus. 

“Die staatsrede was grootliks ‘n herhaling van wat in vorige jare gesê is sonder enige nuwe inisiatiewe. Die president en die ANC was deurlopend gedemp en sonder entoesiasme. Dit is duidelik dat die gas uit die bottel is. 

“Die president erken die erns van die droogte, maar daar was geen voorstelle oor hoe kommersiële- en kleinboere op hul plase gehou sal word nie. 

“Die voorstelle van die president dat buitelandse ritte, onthale en konferensies beperk gaan word, stuur ‘n simboliese boodskap van besparing wat verwelkom word. Dit gaan egter nie werklik ‘n groot finansiële besparing meebring nie, maar is ‘n tree in die regte rigting,” sê dr. Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.