Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

President swyg oor plaasmoord: Boere op hul eie

Pres. Cyril Ramaphosa se swye oor plaasaanvalle en -moorde stuur ‘n harde boodskap aan die landbougemeenskap dat hy ‘n president het wat nie oor boere se welstand omgee nie.

Nieteenstaande die dringende versoeke van die VF Plus na pres. Ramaphosa se staatsrede dat plaasmoorde met erns bejeen moet word, het die president in sy repliek vandag steeds daaroor geswyg.

Dit is nou duidelik dat die regering sy rug op die land se boere gekeer het. Om die probleem van bendegeweld hok te slaan, is daar selfs ‘n spesiale bende-eenheid in die polisie op die been gebring. Dit is die regte optrede om ‘n misdaad-probleem te bekamp.

Die vraag is dan waarom dieselfde nie ook gedoen kan word met die dwingende probleem van plaasaanvalle nie? Waarom weier die president om te erken dat dit ‘n werklikheid is wat voedselsekerheid in die land bedreig?

Die VF Plus doen daarom ‘n beroep op boere om hulself te organiseer om na hul eie veiligheid om te sien. Dit is hul grondwetlike reg en kan nie langer uitgestel word nie. Die tyd vir die landelike gemeenskap het aangebreek om na hul eie veiligheid om te sien.

Om die situasie te vererger het die president dit ook duidelik gemaak dat onteiening sonder vergoeding ‘n realiteit is en dat die regering daarmee voortgaan. Nie net boere nie, maar almal in Suid-Afrika kan voortaan geen sekerheid meer hê oor eiendomsreg nie.

Dit plaas ‘n donker wolk oor toekomstige beleggings en drome van ‘n ekonomie wat kan hestel en groei.

Die enigste sekerheid wat Suid-Afrikaners en die landbougemeenskap in die besonder vandag het, is dat die regering nie bekommerd is oor sy veiligheid of oor eiendomsreg nie. Nie almal in Suid-Afrika deel president Ramaphosa se droom oor ‘n beter Suid-Afrika nie. Vir baie is dit nou ‘n nagmerrie.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.