Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Noordwes-wetgewer: behoorlike opposisie moet bevorder word

Die DA in Noordwes moet sy mandaat en werksaamhede as opposisieparty ernstig opneem en, soos die VF Plus, behoorlike opposisie teen die regerende ANC bied.

Die belangrikste werk in die wetgewer word in die portefeuljekomitees verrig. Die verkiesing van voorsitters van hierdie komitees is nodig om die werksaamhede van die komitees voort te sit, maar die kandidate wat as voorsitters deur die ANC verkies is, laat veel te wense oor.

Die DA kon egter nie behoorlike opposisie teen die verkiesing van hierdie kandidate bied nie, omdat die meeste van hulle lede nie die komiteevergaderings bygewoon het nie.

Die VF Plus, wat daarin geslaag het om die party se De Wet Nel as voorsitter van die oorsigkomitee van die wetgewer verkies te kry, het nou die geleentheid om ‘n sleutelrol te speel in die oorsig van die wetgewer se finansies en ander sleutelfunksies.

Daarenteen reik die DA eerder mediaverklarings uit wat die VF Plus beswadder, in stede daarvan om vergaderings by te woon en effektiewe opposisie teen die regerende ANC te bied.

Swak skakels in die opposisie kan nie in Noordwes bekostig word nie en die VF Plus sal voortgaan om die provinsie met toewyding te dien deur behoorlike opposisie te bied.

Kontaknommer: 082 645 0537

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.