fbpx
Vryheidsfront Plus

President kan ag slaan op VF Plus-voorstelle oor optrede teen geslagsgeweld

Terwyl geslagsgeweld teen vroue toeneem, is die ANC oënskynlik van mening dat nóg planne, taakspanne, slagspreuke en berade die antwoord op die probleem is.

Die VF Plus kan vandag aan president Cyril Ramaphosa sê planne alleen sal nie help nie. Daadwerklike optrede en konkrete voorstelle is nodig en die VF Plus kan die regering help daarmee.

In die party se Verkiesingsmanifes 2019 is geslagsgeweld en geweld teen vroue en kinders in die algemeen geïdentifiseer as ‘n krisissituasie in die land wat omvattend behandel moet word.

Die party doen voorstelle aan die hand wat die probleem sonder verwyl kan aanspreek sonder dat die regering verdere tyd en onnodige geld hoef te mors op gesprekke en berade om planne te beraam wat reeds bestaan.

Dit is bekend dat die regering reeds ‘n taakspan daargestel het om voorstelle aan die hand te doen. Dié taakspan benodig egter groter befondsing om sy werk te kan doen. Die VF Plus sien dit as ‘n onnodige vermorsing van tyd en belastinggeld.

Enkele voorstelle van die president waarmee die VF Plus wel saamstem, die opdatering van ‘n register van persone wat aan geslagsgeweld skuldig bevind is en die bekendmaking van die name, die opponering van borgtog aan geslagsgeweldenaars, die voorstel dat lewenslange vonnisse opgelê moet word en die instel van programme in skole om die probleem te belig.

Hier volg die VF Plus se voorstelle soos vervat in sy Manifes 2019:

Agtergrond:

Die meeste slagoffers van verkragting, molestering en huishoudelike geweld is weens intimidasie te bang om hierdie voorvalle aan te meld. In baie gevalle skiet die polisie se hantering van hierdie sake ver tekort en word slagoffers nie beskerm nie.

Die strafregstelsel laat baie slagoffers in die steek, veral met betrekking tot die wyse waarop daar van slagoffers verwag word om in ‘n oop hof te getuig.

Weens die swak hantering van sake, leemtes in die oordrag van dossiere tussen die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag, die onvolledigheid van ondersoeke, die integriteit van bewysstukke en getuienis wat nie behoorlik en met die nodige sorg hanteer word nie, is vervolging in hierdie sake dikwels onsuksesvol.

Hierdie tekorte in die stelsel lei tot die lae aanmeldingsyfer van die misdrywe en daarom is baie seksuele oortreders op vrye voete en vind geslagsgeweld endemies plaas.

Oplossing:

Die volgende, bykomende voorstelle kan hierby gevoeg word:

 

Die president se huidige taakspan moet, eerder as om te praat, elke polisiekantoor besoek en seker maak hierdie spesiale maatreëls is in plek.

Die VF Plus is van mening dat daar lank reeds ‘n punt bereik is waar doelgerig en kragdadig opgetree moet word en die party sal aanhou om druk op die regering te plaas om met erns op te tree en nie langer water te trap terwyl die lys van slagoffers daagliks aangroei nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.