Die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het op ‘n skriftelike vraag van die VF Plus bevestig dat die polisie gedurende die Covid-19-inperking op 189 383 liter onwettige drank beslag gelê het.
Dit sluit in 5 427 liter saamgeflanste brousels en 5 791 liter tuisgemaakte bier wat dadelik vernietig is. Die oorblywende drank (178 163 liter) word op polisiepersele in veilige bewaring gehou en sal vernietig word sodra die hofsake waarmee dit verbind word, afgehandel is.
Volgens die LUR is 889 sake vir die onwettige besit van drank geopen, en slegs 108 is afgehandel waar beskuldigdes skulderkenningsboetes betaal het.
Die verbod op verkoop van alkohol gedurende die inperking het nie net die ekonomie geskaad nie, maar plaas ook howe onder meer druk en vereis tyd wat eerder aangewend kon word om ernstige sake aan te hoor.
Navrae: 066 010 1066