fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisie in die Vrystaat verloor geloofwaardigheid en integriteit

Die integriteit en geloofwaardigheid van die polisie in die Vrystaat is in gedrang met die aantal polisielede wat die afgelope jaar afgedank is weens hul betrokkenheid by misdaad.

In die laaste boekjaar is 62 polisiebeamptes afgedank weens misdade soos moord, verkragting en dwarsboming van die gereg. Die Vrystaatse polisiekommissaris, Moeketsi Sempe, erken dit is meer as in vorige jare.

Die VF Plus verwelkom die polisie se optrede teen swak dissipline en korrupsie binne sy eie geledere. Dit is egter kommerwekkend dat polisielede, wat veronderstel is om gemeenskappe te beveilig, hulself skuldig maak aan misdaad.

Misdaad in polisiegeledere is die rede waarom die inwoners van die Vrystaat nie respek en vertroue in die diens het nie.

Die VF Plus sal in die Vrystaatse Wetgewer se portefeuljekomitee oor polisie nader besonderhede vra oor die betrokke polisiebeamptes en die spesifieke optrede wat teen hulle geneem is.

Die VF Plus dring ook daarop aan dat daar daadwerklike stappe geneem word om die moontlike betrokkenheid van polisiebeamptes by veral georganiseerde misdaad deeglik te ondersoek.

Die ANC stel die voorbeeld as regerende party. Sy ongeërgdheid teenoor misdaad en korrupsie en die gebrek aan optrede binne die ANC skep ‘n kultuur van misdadigheid in die provinsie wat reeds besteel en geplunder word.

Navrae: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.