Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Pligte van munisipaliteite tydens die nasionale inperking

Die nasionale departement van samewerkende regering het ‘n skrywe uitgereik rakende die pligte van munisipaliteite tydens die nasionale inperking en die lewering van noodsaaklike dienste. Die VF Plus wil hierdie belangrike inligting met die publiek deel.

Munisipale dienste wat as noodsaaklike dienste geag word, is ‘n diens waarvan die onderbreking daarvan die veiligheid en/of gesondheid van die publiek of ‘n persoon in gevaar kan stel.

Die volgende dienste is geklassifiseer as noodsaaklike dienste:

• Munisipale-, verkeers- en- polisiëringsdienste.
• Munisipale gesondheidsdienste.
• Munisipale sekuriteitsdienste.
• Dienste van die verkeersafdeling waar benodig.
• Die verskaffing en verspreiding van water.
• Sekuriteitsdienste met die doel om infrastruktuur te beveilig en om toegangsbeheer toe te pas by eiendom, waterdienste en pompstasies.
• Die opwekking, verskaffing en verspreiding van elektrisiteit.
• Lewensreddingsdienste by strande.
• Dringende nutsdienste.

Die volgende sanitasie-dienste word ook as noodsaaklik beskou:

• Die verwydering van vullis van organiese afkoms.
• Die verwydering van besmette vullis afkomstig van mediese- en veeartseny-praktyke of hospitale.
• Die verwydering en storting van vullis by ‘n stortingsterrein.
• Die verwydering van vullis wat vir 14 dae of langer lê, insluitend huishoudelike vullis en vullis in openbare gebiede en paaie.
• Die instandhouding en werking van water-gegronde rioolstelsels, insluitende riool-pompstasies en die kontrole van die aflating van industriële afvalwater in die waterstelsel.
• Die instandhouding en werking van riool-suiweringsaanlegte

Waar daar ‘n dispuut bestaan oor ‘n water- en elektrisiteitsrekening, mag die diens nie nou beëindig word nie. Die VF Plus moedig steeds die publiek aan om getrou voort te gaan met die betaling van hul rekeninge. Indien ‘n nuwe rekening nie ontvang word nie, betaal die bedrag soos aangedui op u laaste rekening.

Die publiek kan enige klag in verband met dienslewering stuur aan die volgende whatsapp-nommer van die VF Plus: 082 632 5051.

Kontaknommer: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.