‘n Bejaarde boer van Mpumalanga is onlangs die tweede keer in twee jaar op sy plaas aangeval en ernstig beseer en die VF Plus doen ‘n beroep op alle boere in die provinsie en elders om nie hul waaksaamheid te verslap tydens die inperkingsperiode van 21 dae nie.
Mnr. Jan Randall (75) ‘n bekende en gerespekteerde beesboer van die plaas Lothair, is in sy been gewond toe rowers hom aangeval en beroof het. Mnr. Randall kon daarin slaag om te ontvlug en het van die aanvalstoneel weggejaag.
Hy word tans in ‘n hospitaal behandel en sy toestand is na verneem word ernstig. Mnr. Randall is ook in 2018 ernstig beseer toe hy op sy plaas aangeval is.
Die Vryheidsfront Plus wens mnr. Randall sterkte en spoedige beterskap toe.
Kontaknommer: 084 652 9164