Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Plaasmoorde in die Vrystaat

Die VF Plus veroordeel die jongste plaasmoorde te Bainsvlei en Theunissen op onderskeidelik 'n bejaarde vrou en 'n bejaarde egpaar ten sterkste, sê mnr. Jan van Niekerk, Vrystaatse leier van die VF Plus.

Mnr. Van Niekerk sê aangesien dit duidelik nie 'n prioriteit vir die Vrystaatse ANC-regering is om plaasmoorde te bekamp nie, sal die VF Plus dit sy werk maak om die regering in die provinsie vir hierdie gru-dade verantwoordelik te hou.

Hy het ook sy teleurstelling uitgespreek in die Vrystaatse LUR vir landbou, Mamike Qabathe, aangesien sy op die Vrystaatse Landboukongres gesê het boere moet haar vertrou. Dit is nou egter duidelik dat die boere nie die provinsiale regering kan vertrou om hul veiligheid te verseker nie.

“Die VF Plus sal nou dringende gesprekke met die LUR’e van polisie en landbou voer om hierdie onaanvaarbare situasie te bespreek.

“Die party spreek sy innige meegevoel met die families van die vermoordes uit en hoop van harte dat die skuldiges die ergste moontlike strawwe opgelê sal word,” sê Van Niekerk.

 

Jan van Niekerk

Kontaknommers: 083 743 2042 / 058-6250064

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.