fbpx
Vryheidsfront Plus

Paul Krugersaal in Krugersdorp het die plakkerskamp vir vlugtelinge geword

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit se optrede om herhaaldelik vlugtelinge voor die deur van die geskiedkundige Paul Krugersaal in Krugersdorp-Wes af te laai en van hulle te vergeet, is onmenslik en kan nie goedgekeur word nie.

Die VF Plus het die saal na klagtes van die publiek besoek. Daar is feitlik niks oor van die gebou nie. Die elektriese kragboks is uit die muur geruk, die toilette is buite werking en water stroom uit stukkende krane. Rommel en leë bierbottels lê die gebou vol.

Meer as veertig manlike inwoners van die voormalige Makulu Gama-plakkerskamp in West Village is drie maande gelede deur die munisipaliteit toestemming gegee om hul intrek in die gebou te neem. Dié plakkerskamp wat oorwegend deur onwettige myners (Zama Zamas) bewoon was, is gekenmerk deur onrus onder verskillende kultuurgroepe.

Die plakkerskamp se sinkhuise is afgebreek en inwoners moes inderhaas ‘n nuwe tuiste vind.

Die saal is voorheen vir meer as vyf jaar beset deur meer as ‘n honderd onwettige buitelanders, maar hulle is verlede jaar hervestig na vele klagtes en dreigemente uit die gemeenskap. Die VF Plus het die munisipaliteit telkens versoek om alternatiewe behuising vir die mans te vind.

Die Paul Krugersaal was in die jare tagtig ‘n gewilde lokaal vir spogonthale, troues, danse, modevertonings, politieke vergaderings en prysuitdelings.

Die VF Plus gaan by die munisipaliteit daarop aandring om alternatiewe behuising aan die mense te verskaf en die saal skoon te maak en tot sy eertydse glorie te herstel. Op dié manier kan die saal weer aan die publiek beskikbaar gestel en gebruik word.

Kontaknommer: 084 772 7579

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.