Die VF Plus aanvaar nie die beginsel dat gevangenis vrygelaat word weens die oorbevolking van gevangenisse nie aangesien dit die strafregstelsel ondermyn. Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het vandag aangekondig dat 19 000 gevangenes op vroeë parool vrygelaat gaan word.
Die staat faal die mense van Suid-Afrika deurdat daar nie genoeg gevangenisse gebou word nie en misdadigers wat nog hul straf moet uitdien, nou op vroeë parool in die samelewing vrygelaat word.
Die VF Plus dring daarop aan dat paroolrade streng volgens wetlike voorskrifte moet handel wanneer oor parool besluit word en dat die minister van justisie nie in die proses mag inmeng nie. Dit kan die weg baan vir ongerymdhede soos onbehoorlike bevoordeling van persone wat nie verdien om parool te ontvang nie.
Volgens minister Lamola sal persone wat in aanhouding is weens “minder ernstige misdaad” soos diefstal en betreding, oorweeg word vir die toekenning van parool.
Hy het gesê persone wat vrygelaat word, sal steeds gemeenskapsdiens moet doen binne die Covid-19-regulasies.
Die VF Plus is nie van mening dat oortredings soos diefstal en betreding nie noodwendig minder ernstig is nie. Gevangenes wat reeds vir parool kwalifiseer, kan eerder in aanmerking kom vir vroeër parool-vrylating.
Die VF Plus sal die situasie monitor om seker te maak die parool skep nie groter probleme as wat dit waaronder die land reeds gebuk gaan nie.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216